John Dewey

John Dewey
Gebore 20 Oktober 1859
Burlington, Vermont
Oorlede 1 Junie 1952
New York Stad
Burgerskap Amerikaans
Vakgebied Filosofie van onderwys, epistemologie, joernalistiek, etiek
Alma mater Universiteit van Vermont
Bekend vir Pragmatisme, funksionalisme, reflektiewe denke, onmiddellike empirisme, opvoedkundige progressivisme, beroepspsigose
Beïnvloed deur Plato · Locke · Rousseau · Kant · Hegel · Darwin · Peirce · Green · William James · Mead · George · Ward · Wundt · Parker
Invloed op Veblen · B.R. Ambedkar · Santayana · Martin · Kaplan · Hu Shih · Hook · Greene · Richard McKeon · Margaret Naumburg · Putnam · Chomsky · Habermas · Rorty · West · Park · Durkheim  · Herbert Schneider · Mills

John Dewey (Burlington, 20 Oktober 1859New York Stad, 1 Junie 1952) was 'n Amerikaanse filosoof, sielkundige en pedagoog. Sy werk het 'n belangrike bydrae gelewer tot die pedagogiese wetenskappe, die filosofie van opvoeding en die filosofiese beweging van pragmatisme. Dewey word ook dikwels beskou as die vader van funksionalisme.[1] Dit is 'n skool binne die sielkunde wat fokus op die funksie van die bewuste ervaring en gedrag. Hy word ook deur sommige as een van die belangrikste filosowe van die 20ste eeu genoem.[2][3][4]

In sy pleit en verdediging van demokrasie was Dewey van mening dat daar op twee gebiede – skole en burgerlike samelewing behoefte aan refleksie en hersiening was, met spesifieke fokus op kreatiwiteit en pluralisme. Dewey het aangevoer dat volle demokrasie bereik moet word, nie net deur die reg om te stem op alle lae van die samelewing nie, maar ook deur te verseker dat daar 'n volkome gevormde openbare mening bestaan. Dit word bereik deur middel van effektiewe kommunikasie tussen burgers, kundiges en politici, maar ook – en dit is hoe die skakel met pedagogie gemaak word – deur goeie onderwys en 'n goeie onderwysstelsel. Dewey was immers oortuig daarvan dat die skool 'n kleinskaalse samelewing was, waar kinders bereid was om volwaardige burgers van die samelewing te word.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Psy
  2. Rorty, Richard, Philosophy and the Mirror of Nature, Oxford: Basil Blackwell, bl. 5.
  3. John Dewey, American Pragmatist – His Lasting Influence.
  4. Logister, Louis, (Red.) John Dewey, Een inleiding tot zijn filosofie, bl. 13.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search